deviant ART

[x]

~Andrea-alex:iconAndrea-alex:

Andrea-alex  

  • Status: Member
  • Deviously Deviant
  • Male/Egypt
  • Offline for 10w 6d 21h 29m 56s
  • Deviant since Apr 13, 2008, 10:49 AM
  • 1 Deviations
  • 35 Deviation Comments
  • 4 Deviant Comments
  • 74 Pageviews

Alexandrië onder Romeinse heerskappy

Journal Entry: Sun Apr 13, 2008, 11:03 AM
  • Mood: Suggestive
  • Listening to: Bilady, bilady, bilady
  • Reading: Minos
  • Watching: Aladdin
  • Playing: gameboy color
  • Eating: banana
  • Drinking: water
Ná die dood van haar minnaars Caesar, wat in 44 v.C. vermoor is, en Marcus Antonius, wat 30 v.C. selfmoord gepleeg het, het Octavianus, die wenner van die Romeinse Burgeroorloë, oorlog teen die welvarende land verklaar en dit in die jaar 30 v.C. verower. Kleopatra VII het selfmoord gepleeg, nadat Octavianus Alexandrië in 'n triomftog beset het. Octavianus het Alexandrië, net soos die res van die land, wat as keiserlike provinsie by die Romeinse Ryk ingelyf is, as 'n persoonlike besitting beskou. Die land is geïsoleer en Romeinse senatore is toegang geweier. Die vrugbare Nylvallei het met sy ongekende rykdom tot die Romeinse staatskas bygedra. Alhoewel die Alexandryne van hulle historiese stadsraad, die bule, ontneem is, het Octavianus die Ptolemeïese grondwetlike bepaling, dat Alexandrië amptelik nie deel uitgemaak het van Egipte nie, steeds bybehou: ook die Romeine het verwys na Alexandria ad Aegyptum ("Alexandrië by Egipte") en titels soos "prefek van Alexandrië en Egipte" gebruik.

Alexandrië het na Rome 'n tyd lank die tweede grootste en belangrikste stad van die Romeinse Ryk gebly en sy naam aan die Alexandrynse Tydperk verleen. Sy bevolkingsdigtheid was ongekend in die Klassieke Oudheid: Diodoros het die aantal vrye burgers in die Laat-Hellenistiese tydperk op sowat 300 000 beraam. Volgens moderne skattings het die bevolking in die Laat-Romeinse periode selfs 500 000 beloop, waaronder sowat 180 000 Joodse burgers. Die stadsbuurte was volgens etniese en godsdienstige lyne verdeel, met woonkwartiere vir Griekse, Joodse en Koptiese burgers. Die Joods-Helleense filosoof, Philo van Alexandrië (omtrent 15/10 v.C. - 40 n.C.), het na sy geboortestad dan ook met die treffende Griekse term polypolis verwys - dit was vir hom 'n soort inhomogene stad, wat uit baie etniese buurte met uiteenlopende kulturele agtergronde bestaan het. Baie Egiptiese boere het hulle in Alexandrië gevestig om aan die knellende armoede en drukkende belasting te ontkom. Die Grieke het hierdie migrante "Anachorete" genoem.
Die bevolking van Alexandrië was nogtans merendeels van Griekse afkoms, alhoewel in die Ptolemeïese periode net Griekse burgers met 'n Alexandrynse vader en 'n Alexandrynse moeder volwaardige burgers was. Gemengde huwelike het die aantal Alexandrynse burgers dus waarskynlik geleidelik verminder.


 /l、
(゚、 。 7  - Cat wants to take over teh world >:
 l、 ~ヽ
 じしf_, )ノ

Devious Information

  • Current Age: 15
  • Favourite genre of music: rap
  • Favourite game: pokemon red
  • Tools of the Trade: camera

deviantART Notice

Devious Comments

~R-L-Marstall:iconR-L-Marstall: Apr 13, 2008, 11:39:44 AM
Thankee for the fav on mai music meme! <3

--
avatar by the-nexus

JOIN OUR CLUB PLEASE, AND SAVE THE EARTH!

[link]